Elke plek het sy uiterstes:

Woes of Weelderig…

Gevaarlik of Gemaklik…

Hoe wil JY dit hê?

  • Terence and Paul on Mountain
  • Terence and Paul on Helicopter
  • Terance and Paul

Ou vriende, Paul du Toit en Terence Bridgett is bekend vir hulle televisie werk, maar wat die kykers nie bewus van is nie, is hulle passie vir kos, reis, die mense en plekke in Suider Afrika. Hulle leef hierdie passie uit op baie uiteenlopende wyses.

Paul is rof; op sy gelukkigste met die braaivleis vuurtjie se rook in sy oë en ‘n vars geduikde kreef stomend in kelp.  Hy het Kilimanjaro uitgeklim, branders gery, geduik en gekanoe, reg oor die wêreld.

Terence in teenstelling, soos dit ‘n doyen van die sosiale bladsye betaam, verkies sy skaaldiere bedien met die vereiste Sauvignon Blanc.

Hierdie ongewone tweetal sal die kykers lei na die mees merkwaardige en eklektiese bestemmings; Paul wat ‘n onwillige Terence saamsleep op ‘n rowwe belewenis, terwyl Terence vir Paul, totaal onvanpas aangetrek, aanpor om die fyner opsies in dieselfde gebiede mee te maak.

Hulle sal harders speer in die Kosibaai visnette, ski in die Maloti berge, mampoer drink in Limpopo en doen Loxion Kulcha Soweto-styl. Hulle sal hul persoonlike stories met die kykers deel terwyl hulle saam met Terence se alma mater, die Drakensberg Seunskoor, sing en Paul aan die Dusi kanoe marathon deelneem.

Rof of Spog, is in die allereerste plek ‘n dokumentere program, maar weens die aangename persoonlikhede van Terence en Paul, is die program nie net insiggewend en leersaam nie, maar ook hoogs vermaaklik. Hulle uiteenlopende perspektiewe laat die kykers nie net toe om ons verskille te verheerlik nie, maar ook om die gedeelde humanitiet van alle Suid-Afrikaners en ons bure te beklemtoon.

 

Die Skou / Paul du Toit / Terence Bridgett / Agter die Skerms / Medewerking