11 Knus in Kosibaai

Knysna Elephant park

[button link=”http://rofofspog.com/destinations/kosi-bay” bg_color=”#bf0202″]Bestemming Info[/button]

11. Knus in Kosibaai  – Repat 1 SABC 3 – Vrydag 25 April 2014 20h00-20h30

Paul roei sy kanoe oor die Kosibaai se breë riviermond, besing, in sy beste David Attenborough nabootsing, die ongerepte grootsheid van die meer, die oeroue bome, die voortreflike voëllewe, die tradisionele visstrikke en die kalmte van die Isimangaliso Nationale Park, ‘n wêreld erfenis terrein.   Die stilte word skielik verbreek met ‘n harde plof geluid en ‘n kurkprop van ‘n sjampanje bottel wat Paul in die oog skiet, gevolg deur ‘n skril geskreeu wat swerms slapende groenrug reierspaniekerig in die lug laat opskiet.  Terence met ‘n bottel sjampanje wat oorloop lig ons verskonend in dat “Dit is Rof of Spog”.  Terence verlaat die Kosi Forest Lodge met ‘n warmbottel vol gedokterde warmsjokolade-drankie en sy “bersie” in die hand om by Paul aan te sluit  (wie seker maak dat daar niks is wat kan ontplof nie) vir ‘n aand strand safari om te gaan kyk hoe die  karetskilpaaie en leerskilpaaie eiers lê.  Die volgende dag na ‘n genesende spa behandeling, wys die chef vir Terence hoe om springende vis perfek te garneer en in piesangblaar toe te draai om te stoom om die kole (wat deur die hemplose, swetende blond gedoen word).  Paul bly in a Zoeloe Kraal naby Koisbaai en gaan vang spring vis saam met die inwoners met hulle tradisionele visstrikke, wat later by die kraal op gebruiklike wyse gekook word.  Paul sê dat hy daarvan hou, maar dis nie helemaal waar nie.  Gelukkig daag Terence op met sy heerlike geregte, bedien met avokadopeer en madumbe gremolata – en natuurlik ‘n bottel jenewer, om te deel in die feestelikhede.

Episode Spesifieke Erkennings:

Met:
Chef Chris Rabie
Elmon Mkhonto

Speciale dank aan:
Isimangaliso Wetland Park
Kosi Forest Lodge
Maputoland Lodge
Amangwane Camp
The Local Fish trap Fishermen
Andrew Zaloumis
Alexandra Johnston
Eric Njabulo Mlaba
Ilana de Lange
Blessing
Maritha Greenland
Ziyanda Ngcaba