09 Om die Dusi te doen

Knysna Elephant park

[button link=”http://rofofspog.com/destinations/valley-of-1000-hills” bg_color=”#bf0202″]Bestemming Info[/button]

09. Om die Dusi te doen –Repat 1 SABC 3 – Vrydag 11 April 2014 20h00-20h30

Die Zoeloe Koningkryk is jaarliks die gasheer van die taaiste kanoe vaart in die wêreld, Die Dusi, wat sy ontstaan in 1951 gehad het.  Die kanovaart bied deelnemers (en hulle beloop alreeds in hulle duisende ) ‘n unieke uitdaging aan, nie net alleen teen jou mededeelnemers nie , maar ook die uiters onstuimige rivier, versnellings en geharde Zoeloeland boswêreld.

Kykers ontmoet Paul wat al huilend en (heel moontlik) brakend,  terwyl hy sy weg vind op die 3 dag maraton wat strek van  Pietermaritzburg op die Umsindusi en Umgeni riviere tot by Durban, terwyl Terence n hand bysit om hom te help.  Ongelukkig, meeste van die tyd hou die helpende hand ‘n jenewer en tonikum vas.  Terwyl Paul uitkamp in die bedompige vallei waar die kwik styg tot 45 grade in die skadu (en daar is geen skadu),  verlustig Terrence hom in ou wêreldse gemak van die historiese Audacia Manor.  Terence is regtig nie die beste tweede in bevel nie, maar gebruik sy tyd om die plaaslike bevolking in te lig oor Ghandi se stryd in Suid Afrika teen die heersende rassistiese  regering, ook ssos toeval dit wou hê is een van daardie plaaslike bevolking, ‘n hemplose, blond met die spreekwoordelike “six pack”.  Na ontelbare snye, kneusplekke en hele paar valle uit sy boot, voltooi Paul die kanoevaart.  By die eindstreep sleep ‘n uitgehongerde Paul vir Terence weg van ‘n groep blonde manne en eis ‘n eg Durbanse  spesialiteit – ‘n “ mince kebab roti”.  En dit stel beslis nie teleur nie.  As verskoning omdat hy 3 waterpunte gemis het as gevolg van blonde afleidings , trakteer Terence vir Paul met ‘n pedikuur en ‘n vyfster aandete op die balkon van die Audacia met ‘n onbeskryflike uitsig van die naglug  oor Durban.  Reg in die middel van hierdie uitsig, is die Moses Madiba stadion wat  in 2010 gebou is vir die wêreldbeker sokker toernooi.  Dit is van die einste stadion se koepel wat die twee  die episode afsluit met n panoramiese uitsig wat strek vanaf Durban tot  by die “Valley of a Thousand Hills”.

Episode Spesifieke Erkennings:

Met:
Chad Andrews
John Oliver
Meleny Cunniff
Mark Robinson
K Govender
Vukile Cele

Speciale dank aan:
African Pride Audacia Manor Boutique Hotel
Moses Mabhida Satdium
Govenders Curry Kitchen
Maritha Greenland
Ziyanda Ngcaba
Canoe Concepts
Natal Canoe Club
Ray de Vries