08 Die Drakensbergse Seunskoor: Waar die Kranse Antwoord Gee

Knysna Elephant park

[button link=”http://rofofspog.com/destinations/drakensberg” bg_color=”#bf0202″]Bestemming Info[/button]

8. Die Drakensbergse Seunskoor:  Waar die Kranse Antwoord Gee  – Repat 1 SABC 3 – Vrydag 4 April 2014 20h00-20h30

Die wêreldbekende Drakensberge, Suid Afrika se hoogste bergreeks dien as die manjifieke agtergrond vir ‘n terugblik op die alma mater as die Rof / Spog tafels bietjie omgekeer word.  Paul en Terence is tussen ‘n swetterjoel DNKS seuns wat die harmonieë  van Nkosi Sikelele inoefen.  Hulle sukkel om dit reg te kry, en met Paul en Terence se senuwees wat oorneem ignoreer hulle ‘n klein Drakensbergse seuntjie se behoefte om terug te keer klas toe – nie voor hulle die harmonieë regkry nie!  Hulle aanvaar hulle lot om saam met die seunskoor die volgende dag op te tree en kondig senuweeagtig aan “hierdie is Rof of Spog”.  Die RoS tema lied speel soos gewoonlik maar met die deskant van die koor wat ver bo oor dit uit styg.

Die Drakensbergse Seunskoor Skool is waar Terence sy jonger, maerder en fikser jare spandeer het . Hy neem Paul (redelik beindruk) op sy gunsteling natuur en perdry roetes.  Paul is veral beindruk met Leigh Anne die blondine in beheer van die perde.  Die tafels is omtrent omgekeer in die episode!  Terwyl Paul ‘n romanties perderit onderneem, help Terence die  matrone en kombuis personeel om middagete voor te berei vir die seuns.  Paul wat by die seuns aansluit vir middag ete is glad nie beindruk  met die koshuis kos nie en in ‘n totale rolle ommekeer nooi hy Terence uit vir aandete by die Drakensberg Sun. Natuurlik nie voor ‘n potjie rolbal met die plaaslike dames van die klub nie!  Die volgende dag na nog ‘n martelende koor oefening tree ons gashere op in die weeklikse Woensdag Konsert.  Hulle sing “Weeping” in volle Drakie Uniform  met die Koor as agtergrond.  Leigh Ann gee Paul ‘n een-vrou staande toejuiging.

Episode Spesifieke Erkennings:

Met:
Die Drakensberg Boys Choir
Johan Van der Sandt Die Dirigent
Ady Walters en die Kombuispersoneel
Anne Shaw
Erica Brown

Speciale dank aan:
Die Drakensberg Boys Choir School
Drakensberg Sun Lifestyle Resort
Dragons Peak Mountain Resort
Inkungu Lodge
The Nest Hotel
Ezemvelo Kwazulu-Natal Wildlife
Bunny Ashley Botha
Mandy Bergsma
Maria da Silver Pereira
Johan Linde
Darron Moore
Lynn Tungay
Maritha Greenland
Ziyanda Ngcaba