Knysna Elephant park

Bestemming Info

13. Olifante, Oesters en die groot Oseaan – Repat 1 SABC 3 – Vrydag 9 May 2014 20h00-20h30

Terwyl Terence aan die stuur van ‘n kragboot, die episode bekendstel, onderbreek Paul hom met ‘n “dit is rof of spog, terwyl hy op ‘n “wakeboard”  deur die lug trek.  Die seisoen finalé speel af in die bosagtige kusdorp, Knysna ,naby Plettenbergbaai.  Die manne het hulle hemel op aarde gevind – Paul het die Rastas en hippies met hulle Djembe Dromme raakgeloop en hy spandeer sy dae op ‘n staan roeibord en saans op sy huisboot.  Terence weer geniet die ou skool gemak van die eksklusiewe Kurland Polo  landgoed.  Hy het min om oor te kla terwyl hy sy tyd verwyl om polo wedstryde te kyk , oesters garneer en Daleen Matthee se Knysna Bos stories met ‘n blond deel.  Terence laai Paul by sy huisboot op in ‘n outydse MG en neem hom na die Kurland (vir nog meer oesters en sjampanje), om hom te wys hom hoe die ander helfte lewe.  Daarna neem Paul hom op ‘n duiselagtige bostoer.  Die volgende dag sny Paul spoor op soek na die mitiese bos reuse van Knysna (olifante) terwyl Terence nog meer oesters en Matthee by die Jubilee Creek piekniek plek geniet.  Ons gashere sluit die seisoen af (met meer oesters, bedien deur Terence se blond) aanboord ‘n seiljag tydens ‘n skemervaart op die Knysna meer.

Episode Spesifieke Erkennings:

Met:
Kurland Staff
Debbie Collins
Glenda Lederle
Brother Zeb and Co.
Klaas Havenga
Karl Maswaite

Speciale dank aan:
Kurland Villa
Kurland Luxury Hotel
Lightleys Holiday Houseboats
34 Degrees South
Spring Tide Outeniqua Yacht
SANParks
Knysna Elephant Park
Diepwalle Forest Station
Stormsrivier Adventures
Debbie Collins
Glenda Lederle
Clive Peddle and Polo Players
R.P. Hollis
Quinten Lunt
Peet Joubert
Maritha Greenland
Ziyanda Ngcaba