Afriski

Bestemming Info

2.  Maluti-malligheid  Repat 1 SABC 3 – Vrydag 21 Feb 2014 20h00-20h30

Na ‘n reis deur die skilderagtige Moteng pas, na die mistieke Mahlasela valley, bevind ons gashere hulle 3222m bo seespieël, by die enigste ski oord in Suider Afrika.  Dit is hier waar Terence, toegedraai in pels, op ‘n Basoeto ponie deur die hewige sneeu ry en probeer om by die klimaat aan te pas, en Paul sy sneeubord aanklip op die top van die helling.  Die episode word afgekondig net voor Paul verby ski en sneeu oor Terence stort – dit is Rof of Spog.  Koud en glad nie beindruk nie, verkas Terence na sy kamer met die kaggel by Clarens Castle (Suid-Afrika), terwyl Paul nog ‘n trui aantrek by die plaaslike “backpackers”.  Om die koue af te weer, oortuig Terence die Clarens Castle se bestuurder om hom te leer hoe om ‘n egte Afro-Germaanse Gluwein  – vrystaat-styl, aanmekaar te slaan, in die hotel se luukse kombuis.  Hy bring die res van die aand deur voor die kaggel in sy kamer.  Die volgende oggend begin hulle sneeubord avontuur.  Terence is nie eintlik beindruk met die ski –idee nie, tot hy hoor dat dit inkopies behels en raak heeltemaal entoesiaities toe hy hoor van die blonde instrukteur, Dale.  Na ‘n geval en geskreeu deur die les, besluit Terence om op te gee en eerder Dale te laat poseer terwyl hy ‘n beeld van Dale uit sneeu graveer.  Paul durf die sneeu hellings aan saam met die profesionele skiers en hulle kry die geleentheid om hulle ware  ski vermoëns uit te leef:  Après-Ski!  Na etlike liters schnapps in die Afriski se Gondola cafe, (selfs terwyl hulle onderste bo van hulle ski’s hang), word hulle genooi om in die oord se kabaret vertoning op te tree .  Die aand word afgesluit met die gebruiklike “Flaming Descent” , die tradisionele vreugdevuur om die sneeugode te bedank.

Episode Spesifieke Erkennings:
Optredes deur
Wimpie van Schalkwyk
Dale Andrews
Jan Linze Veenstra
Ondrej Panek
Alex Heath
Lee Bredenkamp
Abigail Moreland
Jean Pascal
David Hofmeyr
Wesley du Plessis
Danton Stevens
Shaun

Spesiale Dank Aan

Afriski Ski and Mountain Resort
Castle in Clarens