01 Bosveld, Gediertes en Blondines

Bosveld

Bestemming Info – Kruger Park

1. Bosveld, Gediertes en Blondines – Repat 1 SABC 3 – Vrydag 14 Feb 2014 20h00-20h30

Ons episode  open met die onthuldiging van ons onverskrokke gashere – a la Meryl Streep en  Robert Redford, skitterend in kaki, wat seker die bekendste wildtuin in die wêreld, die Kruger Nasionale Park indie hart van Mpumalanga Provinsie, bekendstel.  Die kamera trek  terug en vertoon die twee  skrylings langs ‘n olifant:  “dit is rof of spog”.  Dit is oggend en Terence arriveer by Paul se kamp, totaal opsigtig aangetrek, waar Paul besig is om ‘n grond-gat potjie (‘n eg Suider-Afrikaanse bredie wat buite oor die vuur in ‘n traditionele swart ysterpot gekook word) voor te berei, wat sal kook terwyl hy Terence saamsleep op ‘n wildsstap deur die bos.  Terence se aanvanklike mengelmoes van opgewondenheid en rou angs, word gou met verveeldheid vervang.  Presies hoeveel spesies se mis moet mens bestudeer voor middagete?  Gepraat van ete, hy het ‘n “hippo carpaccio” en ‘n verkoelde chardonnay ingepak.  Jo die wildbewaarder is terselfdertyd beindruk en ook helemaal verbaas, Terence voel heelwat beter, maar eis nog steeds ‘n jenewer en ‘n geleentheid huis toe.  Terwyl Terence die verpligte “pink jenewers” skink in die  vyf ster Ezulwini Lodge, koel Paul af in die swembad.  Nadat Terence ‘n lafenis vanuit die uitgebreide wynkelders gekies het, probeer hy die “Groot 7” uitken met behulp van die Roberts Voëlgids.  Selfs met Paul se help kry hy dit nie reg nie.  Die twee vertrek (die keer in ‘n vyf ster Land Rover, wat deur Jo die wildbewaarder bestuur word) – Terence se alomteenwoordige blondine is oral in hierdie episode.  Hulle word omring deur ’n trop leeus voordat hulle terugkeer kamp toe vir ‘n bredie ete.   Paul se ondergrondse bredie bevat onder andere ook vlakvark en Terence is beindruk met die geure, die vuur en die bosveld nagruim, totdat Paul hom meedeel dat hy nie na sy Lodge kan terugkeer nie aangesien hulle nie in die nag in die wildtuin mag bestuur nie.  Terence moet die nag in die kamp “uitrof” – in die bos – met die Groot 7 – maar hy oorleef dit, tot groot vermaak vir Paul.  Die episode sluit af met Terence terug in sy gemak sone, terwyl die manne teug aan sjampanje in a warmlug ballon.

.

Episode Spesifieke Erkennings:

Optredes deur
Elani Theunissen
Laurence Saad

Spesial Dank Aan

Ezulwini Game Lodges 
The Saad Family
The Elephant Sanctuary, Hazyview
Sun Catchers Hot Air Ballooning
Elani Theunissen
Mariza de Kock