34 degrees restaurant

Bestemming Info

3. Snoek Chic  Repat 1 SABC 3 – Vrydag 28 Feb 2014 20h00-20h30

Ons gashere stel Kalkbaai bekend, terwyl hulle langs die hawe seehoof loop, Paul met visvang gereedskap en Trenece met ‘n snoek in die hand.  Kalkbaai se geskiedenis dateer terug  na die Nederlandse Oos Indiese Kompanjie,  dis hier waar Terence opgegroei het.  Hierdie kustelike visvang dorpie nestel tussen die oseaan en skerp stygende berge van die Valsbaai vallei, is bekend vir sy oudhede winkeltjies, heerlike kos en natuurlik, vis.  Aan die einde van hierdie inset gee Terence die snoek vir een van die visskoonmaak dames.  Met ‘n tandlose glimlag beaam sy “ dit is rof of spog”.  Paul oortuig Terence se oom Ernie om hulle op sy boot uit te vat vir snoek hengel.  Hulle vertrek in die vroeë oggendure, terwyl dit nog stik donker is.  Met hul terugkeer nooi die Eerste Stuurman hulle vir ete by sy huis waar sy gade, Suleiga, hulle wys hoe om snoek behoorlik voor te berei, waaraan hulle tot laat om haar tafel in die kombuis sit en smul.  Die volgende oggend, net voor sonsopkoms, trek Paul sy duikpak aan en verduidelik die lekker van sy seekant ekonomiese akkomodasie is dat mens net oor die straat stap om by Muizenberg te gaan branderplank ry of ‘n vinnige, kort treinrit na Kalkbaai – dis waarheen hy oppad is.  Terwl hy tussen die Kalkbaai riwwe  branders ry, kom die son agter hom op.  Terence  drink die uitsig in vanuit sy vyfster Colona Castle Hotel en deel die see geskiedenis van die area.  Terwyl Paul branders ry, stap Terence deur die dorpie om herinneringe op te haal.  Hy leer om brood te bak by een van Kaapstad se mees bekendste bakerye.  Paul sluit by Terence aan, steeds in sy duikpak, al drippend, terwyl Terence spog met sy hande werk.  Paul, demper Terence  se spoggery met ‘n “ek’s so honger, enigiets sal nou lekker smaak!”  Terence, vasbeslote om Paul ‘n bietjie te kultiveer, sleep hom saam op sy toer van die meer beskaafte Kalkbaai atmosfeer:  tweedehandse boekwinkels (een wat toevallig bestuur word deur ‘n blondine wat Terence die seevaart afdeling wys), oudtydse klere en oudhede, kosmarkte.  Paul het sy kwota van krale, boeke en strandhandoekke gehad en neem Terence nou deur die urine-gedrenkte duikweg vir ‘n egte Kalkbaai ondervinding:  skemerkelkies by die Brass Bell.  Daarna  kondig Terence aan dat hulle die Gaetan’s vertoning, wat tans in die Kalkbaai teater speel (‘n pragtige ou kerk wat in ‘n teater omskep is)  gaan bywoon (Terence, natuurlik, vergesel deur die seevaart blondine).  Die volgende oggend gaan Paul en Terence bergklim, Terence al hygend, na die Kalkbaai grotte van waar die episode uitspeel met Valsbaai in al sy glorie in die agtergrond.

Episode Spesifieke Erkennings:

Optredes deur
Gaetan Schmidt
Legga and Nazeem
Maggie Corker
Drazako ‘Papy’ Lema
Tracey Dilley

Spesiale dank aan
Colona Castle
The Beach Lodge
The Kalk Bay Harbour
The Kalk Bay Theatre
Mythology
Gypsy Trading
Kalk Bay Trading Post
The Brass Bell
The crew of ‘Zorba’
Simon Cooper
Gaetan Schmidt
Emmie, Kevin and Sarah De Roche
Ernie and Joyce De Roche