04 Straatlangs in Soweto

Soweto

[button link=”http://rofofspog.com/destinations/soweto” bg_color=”#bf0202″]Bestemming Info[/button]

4. Straatlangs in Soweto  Repat 1 SABC 3 – Vrydag 7 Maart 2014 20h00-20h30

Geen dokumentere program oor die diversiteit van Suid-Afrika is volledig sonder ‘n smakie van die die metropolitaanse lewestyl in die suidwestelike stadsgebied (Soweto) nie.  Die episode open met ‘n panoramiese blik oor die stadsgebied vanaf die Orlando torings terwyl Paul en Terence gelyktydig na benewe stort in ‘n bungee sprong, al gillend “dis Rog of Spog”.  Terence ontmoet ‘n babalaas Paul by Lebo se “backpackers” waar Paul die vorige nag gespandeer het.  In hul soeke na die imposante Soccer City, geklee in hul ou hoërskool klere, vertrek hulle op ‘n langspan fiets op die historiese 16de  Junie toer.  Hulle besoek die Nelson Mandela huis, die Hector Petersen museum, geniet ‘n klasieke straat gereg vir middagete en ondervind ‘n drang om mekaar met die fietsketting te verwurg.  Terence vra Paul om hom by die Soweto hotel te ontmoet vir ‘n “Black Diamond diva’s” aand met sepie-aktrise Amanda Du Pont en Tsolo Monedi (maar as gevolg van Paul se onvatsoenlike keleredrag word hy nie in die klub toegelaat nie, gelukkig vir Terence ontmoet hy sy blonde uitsmuiter hier).  Gelukkig vind Paul behoorlike klere in die motor en nadat hy uiteindelik in die klub toegelaat word, hou hulle partytjie tot die vroeë oggendure, en net na sonsopkoms vind hulle Soccer City.  Met sjampanje in die hand op die enjinkap van die limosine, speel die episode uit.

Episode Spesifieke Erkennings:

Optredes deur
Tsholofelo Monedi
Amanda Du Pont
Julius Mosana
Sifiso Zwane
Thelma Muila
Tebogo Keikanne
Dudu Ngwenya
Nokuthula Phake
Vinolia – Pookie Bear

Spesiale dank aan
Lebo’s Backpackers
‘707’ Panyaza Chisa Nyama
Fantasies Adult Lifestyle Boutique
Hector Pietersen Museum
Nelson Mandela House
Morris Isaacson High School
The Soweto Hotel
Elite Chauffeur Services
Orlando Towers
Sochila
Nico
Rebecca and Masentle
Mr Mashile
Sifiso Zwane