07 Son, See en Chenin Blanc

Pringlebay

[button link=”http://rofofspog.com/destinations/pringle-bay-botrivier” bg_color=”#bf0202″]Bestemming Info[/button]

7. Son, See en Chenin Blanc  – Repat 1 SABC 3 – Vrydag 28 Maart 2014 20h00-20h30

Paul en Terence staan op Rooi Els strand met Valsbaai in die agtergrond en stel die Overberg kontrei bekend (histories ‘n area wat rowers, rondlopers en oor die algemeen diegene wat verban is uit normale gemeenskappe, aangetrek het).  Hulle loop op die strand en bespreek die fynbos wat geil op die berge en en langs hulle groei, asook die fantastiese seekos wat in die waters agter hulle te vinde is en ‘n moet is om dit saam met ‘n goeie plaaslike wyn te geniet.  Die dames van Harley Davidson (asook Terence se alomteenwoordiege blondine) op hul ysterperde, wag die twee in en sodra hulle die motorfietse bestyg hoor jy die bekende “dis rof of spog”  tussendeur die enjins as hulle wegry.  Die Harley bende arriveer by die historiese tradisionele Beaumont wyn landgoed, en sodra Sebastian Beaumont, die wynmaker, van sy motorfiets afklim en sy helm afhaal, maak die Harley belewenis sin.   Terwyl Paul sy ou skoolvriend se wyne proe, pluk Terence en Sebastian se suster Ariane kruie en soek vir bestandele vir ‘n seekos fees.   Paul truuk vir Terence om in die berugte Hangklip hotel te oornag en neem die angsbevangde Terence die volgende oggend om te gaan kreef duik in Pringle baai, ‘n gedeelte van Valsbaai, in ysige water met die hoogste populasie van groot wit haaie in die wêreld.  Terence bied aan om eerder mossels vanaf die rotse bymekaar te maak.  Paul stop die rou kreef in vars gesnyde seegras (sonder enige hulp van terence) en stoom dit op a strandvuurtjie for ‘n vroeë middagete saam met ‘n verfrissende Beaumont Chenin Blanc.    Later “heli-flip” hulle  na die Arabella Golf landgoed, met Terence wat die die ander helfte van die kreef vasklou vir sy meestersklas met die hotel se uitvoerende chef.  Na ‘n masering in die Arabella spa as beloning vir sy duik pogings, word die gehalte skaaldier bedien wat Paul saam met ‘n vroeë, maar tog smaaklike , Beaumont Vitruyian, geniet.  Die episode eindig bo-op die Hangklip duin vanwaar hulle nabetragting doen oor hul eie ondervindings voordat Paul op ‘n sandboard en Terence op ‘n sitbord die duin afgly.

Episode Spesifieke Erkennings:

Optredes deur

Warwick Taylor 
Ariane Beaumont-Rossouw
Jayne Beaumont
Sebastian Beaumont
Andy Selfe 
Barman-Andre Roux 
Taighe Hendricks 
Mike Newman Hog

Spesiale dank aan
Arabella Hotel and Spa 
Hangklip Hotel
Beaumont Wines
Downhill Adventures 
Blesberg Dunes Betty’s Bay
Graham Beck Wines, Robertson
HOG “Ladies of Harley” Cape Town Chapter
Overberg Aviation, Gansbaai 
Cape Luxury Cars
The Arabella Staff
Christiaan Du Plessis
Paul snr and Marion du Toit